Tempelhof-lughawe

Tempelhof-lughawe
Flughafen Berlin-Tempelhof
Die ingang tot die hoofgebou in 2005
IATA: THFICAO: EDDI
Opsomming
Tipe lughawe Ontbind
Eienaar/Operateur BImA en Berlyn[1]
Bedien Berlyn, Duitsland
Spil vir Vlag van Duitsland Deutsche Luft Hansa (1926–1945)
Vlag van Verenigde State van Amerika American Overseas Airlines
(1948–1950)
Vlag van Verenigde State van Amerika Pan American World Airways
(1950–1975)
Vlag van Frankryk Air France (1950–1959)
Vlag van Verenigde Koninkryk British European Airways
(1951–1974)
Vlag van Verenigde State van Amerika Capitol Int'l Airways (1960's)
Vlag van Verenigde State van Amerika Saturn Airways (1960's)
Vlag van Verenigde Koninkryk Autair (1960's)
Vlag van Verenigde Koninkryk Overseas Aviation (vroeë 1960's)
Vlag van Verenigde Koninkryk British Airways (1974–1975)
Vlag van Verenigde State van Amerika Tempelhof Airways (1981–1990)
Vlag van Duitsland Hamburg Airlines (1990–1997)
Vlag van Duitsland Conti-Flug (1990–1994)
Vlag van Duitsland Lufthansa CityLine (1990–1992)
Vlag van Duitsland Cirrus Airlines (2001–2008)
Hoogte bo seevlak 164 vt / 50 m
Koördinate 52°28′25″N 13°24′6″O / 52.47361°N 13.40167°O / 52.47361; 13.40167
Landkaart
BLN is in Duitsland
BLN
BLN

Ligging in Duitsland

Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
09L/27R 2 094 6 870 Teer
09R/27L 1 840 6 037 Teer
Statistieke (2008)
Passasiers 278 555[2]
Vrag 450 t[2]
Lugbewegings 37 435[2]
Bron: Duitse AIP by EUROCONTROL[3]

Die Duitse hoofstad Berlyn se Tempelhof-lughawe (IATA: THF, ICAO: EDDI) in die administratiewe stadsdeel Tempelhof-Schöneberg in die suidelike middestad was een van drie groot plaaslike lughawens en ook een van die eerste moderne lughawens ter wêreld wat vanaf 8 Oktober 1923 gereelde lugdienste gehanteer het. In 1927 was Tempelhof die eerste lughawe ter wêreld wat sy eie moltreinstasie (tans Platz der Luftbrücke) gekry het. Met meer as 350 000 passasiers was Tempelhof in 2007 die 22ste grootste lughawe in Duitsland.

As een van die bekendste geskiedkundige lughawens ter wêreld – dit was naas Londen se Croydon Airport en Parys se Le Bourget-lughawe een van drie ikoniese lughawens wat in Europa voor die Tweede Wêreldoorlog geopen is en het 'n sentrale rol tydens die Berlynse Lugbrug in 1948 en 1949 gespeel – is Tempelhof op 30 Oktober 2008 om ekonomiese en veiligheidsredes gesluit.[4] Tempelhof was al lank nie meer winsgewend nie, terwyl 'n nuwe internasionale lughawe – Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe – in die suidooste van Berlyn in aanbou was en op 31 Oktober 2020 geopen is.

Die lughawe is gedurende die Nazi-tydperk tussen 1936 en 1941 na sy huidige voorkoms verander en het destyds sy kenmerkende boogvormige hoofgebou gekry wat oor 'n lengte van 1,2 kilometer strek. Die gebou – tans 'n nasionale monument – was in Tempelhof se bloeitydperk in die 1950's, 1960's en vroeë 1970's in staat om die meeste destydse passasiersvliegtuie te hanteer wat maklik daarin kon parkeer. Passasiers is sodoende teen die weerselemente beskerm. Die hoofgebou word nog steeds onder die twintig grootste geboue ter wêreld gereken en het tot en met sy sluiting die kleinste doeanevrye winkel by enige internasionale lughawe gehuisves.

  1. (en) Institute for Federal Real Estate Geargiveer 24 April 2009 op Wayback Machine, September 2008. bl 9.
  2. 2,0 2,1 2,2 (de) Berliner Flughäfen – Tempelhof: Verkehrsstatistik 2008 Geargiveer 10 Januarie 2012 op Wayback Machine
  3. (en) EAD Basic
  4. (af) Beeld, 30 Oktober 2008: Vliegtuie uit Tweede Wêreldoorlog groet bekende Berlynse lughawe[dooie skakel]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy